Dan Marokane sal op 1 Maart as nuwe uitvoerende hoof by Eskom begin werk.

Eskom se direksie-voorsitter, Mteto Nyati, het Marokane vanoggend amptelik, luidens ‘n verklaring aan die media, by die nutsdiens verwelkom.

Nyati sê werknemers by Eskom is opgewonde om Marokane terug in die geledere te verwelkom.

Personeel reken dat die kragverskaffer sonder enige twyfel by Marokane se leierskapstyl sal baat.

Marokane se laaste werkdag as uitvoerende hoof van Tongaat Hulett, is 29 Februarie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×