Meriete, sê Action SA, is die grondslag waarop die party sy kandidate aanstel. Die party se president, Herman Mashaba, sê dat politieke verbintenisse geen rol in die keuse
van kandidate speel nie.

Action SA het gister sy nuutaangestelde kandidate bekend gestel. Mashaba sê die party sal hom nie aansluit by mededingers wat mense aanstel om die agenda van ‘n politieke party, eerder as die land se mense, te dien nie.

Volgens hom is daar nie plek vir kaderontplooiing, nepotisme of die voortrek van makkers nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×