Die leier van Action SA, Herman Mashaba, glo dit is belangrik vir die land om internasionale waarnemers te nooi om die komende verkiesing dop te hou want dit is, volgens hom, die enigste manier hoe ‘n regverdige verkiesing kan plaasvind.
Mashaba en ander partyleiers van die Veelparty-handves, of VHP, het Donderdag die briewe aan buitelandse ministers, onder meer die van Amerika, om toesig te hou, verdedig. Dit, nadat dit deur die ANC gekritiseer is.
Mashaba het gesê internasionale waarnemers is belangrik omdat hy nie die ANC vertrou nie. Hy het gesê dit is belangrike verkiesing waarin die land met boewe te doen het. Mashaba het gesê die VPH soek ekstra oë want baie is op die spel vir die regerende party.
Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, het benadruk dit is beslis moontlik dat by stempunte geknoei kan word. Die ACDP het gesê indien die ANC niks het om weg te steek nie, hoef die party nie bang te wees vir waarnemers nie.