Waarnemende president Paul Mashatile het beter voorbereiding vir toekomstige natuurrampe beloof.
Hy het tydens Nasionale Erfenisdagvieringe in die Vrystaat besin oor die impak en lewensverlies van die sneeustorm wat die naweek op die N3 plaasgevind het.
Duisende was oor die naweek in ysige toestande gestrand. Hy het erken dat die owerhede nie voorsien het dat die sneeustorm so ‘n beduidende impak sou hê en wydverspreide ontwrigting sou veroorsaak nie.
LUISTER HIER: