Die adjunkpresident, Paul Mashatile, sê die 0,5 % BTW-verhoging is ʼn tydelike maatreël om fiskale uitdagings aan te spreek.

Mashatile het dit in ʼn onderhoud met City Press gesê.

Hy sê dat die regering ekonomiese groei wil prioritiseer eerder as om op herhalende belastingverhogings staat te maak.

Die Nasionale Tesourie moes sy oorspronklike voorstel vir ʼn twee persent verhoging afskaal ná besware binne die regering van nasionale eenheid.

Mashatile sê die regering sal in gesprek bly met alle partye om die begroting suksesvol deur die parlement te kry.

error: Inhoud is beskerm !!