Die waarnemende president, Paul Mashatile, het ‘n beroep op die samelewing se samewerking en die Suid-Afrikaanse Erfenishulpbronagentskap gedoen om erfenishulpbronne en -terreine te bewaar. Mashatile het gister sy toespraak by die Nasionale Erfenisdag-herdenking in Ficksburg in die Vrystaat gehou.
Hy sê die land se erfenis moet beskerm word teen verwaarlosing en bedreigings soos natuurrampe en verstedeliking.
Mashatile sê hierdie terreine dien as ‘n grondslag om die jeug oor Suid-Afrika se geskiedenis op te voed.