Adjunkpresident Paul Mashatile lê vandeesweek ampsbesoek af in Dubai en Abu Dhabi in die Verenigde Arabiese Emirate. Volgens die presidensie het Mashatile se besoek ten doel om bilaterale betrekkinge te versterk, asook om kennis oor ekonomiese aangeleenthede uit te ruil.

Hy ontmoet ook met kundiges om ekonomiese aspekte van die telekommunikasiebedryf en die digitale arena te bespreek. Dit word gedoen in ooreenstemming met Suid-Afrika se visie om tegnologiese en digitale infrastruktuur van internasionale gehalte daar te stel.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×