Adjunkpresident, Paul Mashatile, meen aanbidders van álle gelowe moet saamstaan om die land se sosio-ekonomiese uitdagings die hoof te bied.
Hy het die afgelope naweek ten tyde van die Evangeliese Lutherse Kerk se eeufeesviering gesê álle kerke, ongeag denominasie, moet ‘n sleutelrol speel om sosiale samehorigheid werklikheid te maak.
Dit blyk uit die geskiedenis dat kerke ‘n waardevolle bydrae tot die bevordering van maatskaplike geregtigheid lewer, veral met pogings om minderbevoorregte mense se omstandighede te help verbeter.
Hy sê voorts die regering moedig die kerk, as “morele leier” aan, om saam met die regering werk om maatskaplike euwels uit te roei.
Ras, godsdiens of kultuur-verskille behoort volgens hom nie in die pad van nasiebou en samehorigheid te staan nie.