Adjunkpresident Paul Mashatile sê mense van enige geloofsoortuiging moet saam staan om Suid-Afrika te help verenig. NewsKoop meld Mashatile glo dat die apartheidsregering verdeeldheid in die samelewing geskep het, deur alleenlik Christenskap te bevorder.

Na aanleiding van sy boodskap aan leiers van intergeloofsorganisasies, lê daar harde werk voor om sosiale samehorigheid en nasionale eenheid onder Suid-Afrikaners te kweek. Volgens Mashatile is alle geloofsgemeenskappe verplig om sosio-ekonomiese uitdagings, soos armoede en dwelmmisbruik, die hoof te bied.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×