Adjunk-president Paul Mashatile sê kaderontplooiing is so ‘n briljante plan dat alle politieke party in die wêreld dit doen. Mashatile het vandag tydens ‘n vraag-en-antwoordsessie in die Nasionale Raad vir Provinsies gesê as die DA nie sy kaders ontwikkel nie, ontplooi die party mense wat nie geskik is vir hulle poste nie.

Netwerk 24 berig Cathy Labuschagne, DA-LP, wou by Mashatle, as huidige voorsitter van die kaderontplooiingskomitee, weet hoe hy kan aanhou ontken dat kaderontplooiing die hoofoorsaak is vir die mislukking van dienslewering. Sy het gesê kaderontplooiing veroorsaak ‘n tekort aan vaardighede in kritieke sektore. Mashatile het gesê talle huidige top-staatsamptenare word deur die ANC opgelei. 

error: Inhoud is beskerm !!