Die adjunk-president, Paul Mashatile het tydens ‘n vraag en antwoordsessie in die Nasionale Raad vir Provinsies gesê misdadigers en saboteurs is grootliks verantwoordelik vir die huidige krag-en waterkrisis wat die land lamlê.

Netwerk 24 berig Mashatile het wel erken dat ou infrastruktuur probleme met watervoorsiening skep, maar in talle gevalle steel mense kabels en waterpype. Dit raak ‘n al hoe groter probleem om infrastruktuur te beskerm. Mashatile het gesê die regering moet dit egter doen en het ‘n beroep op alle gemeenskappe gedoen om met die polisie saam te werk om kritieke infrastruktuur in hul woonbuurtes teen misdadigers te beskerm. Die DA-LP Christiaan Smith, het aan Mashatile gesê die water- en kragkrisis is te wyte aan die ANC se versuim om infrastruktuur doeltreffend in stand te hou.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×