Adjunkpresident Paul Mashatile sê Suid-Afrika wil sy uitvoer van waardetoegevoegde goedere en dienste na Ierland verbeter. Mashatile het vroeër tydens ‘n forum in Ierland gepraat wat ten doel het om Ierse beleggings in Suid-Afrika te bevorder. Volgens die adjunkpresident het die COVID-19-pandemie die handelsvennootskap tussen die twee lande belemmer, wat tot beskeie vordering gelei het. Die twee lande handel tans in kos en drinkgoed. Mashatile sê die lande moet maniere vind om internasionale beleggings te bespoedig.