Die adjunk-president, Paul Mashatile het gister tydens sy hoofrede op nasionale Erfenisdag gevra vir ‘n gelyke, voorspoediger en meer maatskaplik geintegreede Suid-Afrika waarin mense ekonomies vry is. Mashatile wat in KwaZulu-Natal in KwaMashu gepraat het, het gesê dit is slegs moontlik as die regering met die privaatsektor saamwerk. Hy het ook verwys na die onderdrukking van sekere groepe gedurende apartheid en kolonialisme en erkenning gegee aan diegene wat hulle daarteen verset het en die weg gebaan het vir demokrasie en vryheid die afgelope 29-jaar. Die belangrikste is dat die land moet kyk na die soort toekoms wat almal moet agterlaat vir die generasies wat nog oppad is, het hy gesê.
