Masilonyanamunisipaliteit se direkteur van tegniese dienste, Lungile Mokoteli, is geskors en die DA is woedend oor die wyse waarop dit gedoen is.

Die betrokke munisipaliteit is in die Theunissen-distrik in die Vrystaat geleë.

LEES MEER: Winburg smeek om hulp nadat hulle ‘n week sonder water is

Mokoteli word beskuldig van ernstige wangedrag, maar die ding wat die DA so boos maak, is dat sy beweerdelik gedurende haar 25 maande skorsing nog steeds haar volledige salaris ontvang het. Maroela Media berig dat nog ‘n ding wat die DA warm onder die boordjie het, is dat toe Mokoteli bedank het, het sy nie die verpligte maand gewerk soos haar kontrak vereis het nie.

DA-raadslid Marieta Visser voeg by dat die gebrek aan aanspreeklikheid en deursigtigheid simptome is van ‘n munisipaliteit wat as oneffektief beskou word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×