Die SA-organisasie vir die menseregte van gevangenes, sê elke tronk in die land moet voorbereid wees vir die waarskynlikheid van landwye massa-betogings, indien enige
gevangenes probleme ervaar om aan die verkiesing deel te neem.
SABC News berig daar heers grootskaalse ontevredenheid onder gevangenes oor die kiesersregistrasieproses.
Die organisasie dring daarop aan dat stemgeregtigde kiesers in tronke toegelaat moet word om stemme uit te bring met bewys van ‘n korrektiewedienste-identifikasiekaart.