Uit die meer as 3 500 mense in Haïti se nasionale tronk, het slegs 99 agter gebly, nadat massas gewapende bendelede op die tronk toegesak het om alle gevangenes te bevry.
Korrektiewe owerhede het aan CNN gesê die polisie het die swaar gewapende bendelede met alle mag probeer keer om die gevangenes te bevry. Die bendelede het egter vinnig die oorhand gekry. Sekere gevangenes asook korrektiewedienstewerkers en polisiebeamptes is in die gewelddadige bevrydingspoging beseer.
Die bendeleier Jimmy Cherizier, ook bekend as Barbecue, het gesê hy sal voortgaan in sy poging om premier Ariel Henry te verwyder.