Sewe mense, insluitend ʼn driejarige seuntjie, is vroeg Sondag in ʼn skietery by die Mokokotlong informele nedersetting in Orange Farm in Gauteng oorlede.

Luidens berigte het die skietery gevolg ná ‘n woordewisseling by ‘n plaaslike taverne toe ‘n man met die eienaar gestry het omdat die fasiliteit gesluit was.

Die eienaar van die taverne het na bewering die man huis toe gevolg, waar ‘n gesin besig was met lobola-onderhandelinge.

Hy het toe op vyf familielede, ‘n buurman en ‘n vriend losgebrand. Vier mense het die skietery oorleef.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×