Minstens twaalf mense is vanoggend dood en dosyne ander gewond, toe Rusland ‘n massiewe lugaanval op teikens regoor Oekraïne geloods het.

BBC News berig Rusland het altesaam 158 hommeltuie en missiele gelanseer.

Volgens die lugmag in Oekraïne het Rusland nog nooit soveel verskillende plekke op een slag geteiken nie.

Oekraïne se president, Volodymyr Zelensky, sê in sosialemediaplasings dat ‘n kraamhospitaal en ook woonhuise in sekere van vanoggend se aanvalle getref is.

Die hoofstad Kiev, Lviv in die weste, Odesa in die suide, en Dnipro en Kharkiv in die ooste, is van die stede wat deur die aanvalle geruk is.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×