Volgens Massmart is gebeurlikheidsplanne in plek om ‘n staking deur lede
van die vakbond Saccawu af te weer wat dreig om werksaamhede by
Makro-winkels te ontwrig. Meer as agt duisend werkers wat by Saccawu
geaffilieer is, het gister begin staak. Vakbondlede beplan om te betoog vir die
volgende 10 dae buite Makro-winkels landwyd. Die vakbond eis ‘n verhoging
van 12-persent, met ‘n minimumloon van agtduisend rand. Massmart het
aangedui dat die onderhandelingsiklus vir 2022 reeds afgehandel is, en dat
hy eers in Maart oor nuwe salariseise in gesprek sal tree. Massmart sê hulle
maak gebruik van tydelike werkers en werksaamhede by winkels landwyd
gaan sover normaal voort.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×