Volgens die voormalige ANC-leier en struggle-veteraan, Mathews Phosa, sal die ANC moet skeur om homself te kan vernuwe op die manier wat nodig is om die party in 2024 by die stembus te red. Netwerk24 berig Phosa het Donderdag by ‘n seminaar by Stadio se Centurion-kampus gepraat, waar hy ‘n toekenning vir sy bydrae tot goeie regering ontvang het. Phosa het gesê die ANC is ‘n “bloeiende die”r en dat die huidige momentum teen hom tel. Hy het gesê die party kort radikale vernuwing, maar dat hy nie dink dit gaan gebeur nie. Volgens Phosa kan daar dalk skeuring in die ANC kom, en hy glo dat dit ‘n goeie ding kan wees, aangesien ‘n skeuring moontlik hernuwing in die party teweeg kan bring.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×