Die Afrikaanse sanger Mathys Roets was Maandagmiddag nie ontmoedig toe sy motor op ‘n grondpad naby Richmond in die Noord-Kaap gebreek het nie. NuusAfrikaans berig die sanger het bloot in sy rolstoel geklim en verder gery. ‘n Veiligheidskamera op ‘n plaas op die verlate Karoo-vlakte het gelukkig die toneel van ‘n man in ‘n rolstoel op die verlate grondpad waargeneem en hy is te hulp gesnel. Roets was op pad na Namibië vir ‘n konserttoer en moes Maandagaand op pad soontoe op ‘n plaas in die Karoo optree. Roets is verlam gelaat nadat hy in April 2009 naby Bloemfontein in ‘n motorfietsongeluk beseer is.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×