Matjabeng-gemeenskapstigting gaan vandag ‘n optog hou in Welkom

Lede van die Matjabeng-gemeenskapstigting gaan vandag ‘n optog hou na die munisipaliteit se kantore in Welkom in die Vrystaat.

Volgens die sekretaris van die stigting, Shima Mahlatsi, eis hulle dat die burgemeester, Nkosinjani Speelman, uit sy pos verwyder word.

Mahlatsi sê hulle is ontevrede oor dienslewering by die munisipaliteit.

Mahlatsi het verder gesê hulle wil ‘n vreedsame optog hou.

Luidens berigte skuld die munisipaliteit Sedibeng Water sowel as Eskom glo miljarde rande.

Mahlatsi sê hulle gaan ‘n griefskrif aan die Speaker van die raad oorhandig.

Luister na potgooie hieronder