Terwyl daar nie ‘n verpligting is om sy stakende werkers te betaal nie, gaan die Matjhabeng-plaaslike munisipaliteit hulle nou met ‘n sogenaamde voorskot vir Februariemaand vergoed.

‘n Samwu-staking wat reeds vanaf 29 Januarie duur, het tot gevolg dat dienslewering in dié munisipale gebied grootliks tot ‘n stilstand geruk is. Die VF Plus sê die ANC het by gistraand se spesiale raadsvergadering ‘n presedent geskep, deur stakende werkers te betaal vir dienste wat nie gelewer is nie.

Hoewel die voorskot betaal sal word aan diegene wat terugkeer werk toe, sal die staking volgens die VF Plus waarskynlik voorduur, aangesien die geskille tussen die partye nog nie uitgestryk is nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×