Die Vrystaat se 2023-matriekgroep word in onderwyskringe waarskynlik vanjaar weereens met ‘n valk-oog dopgehou.
Dit nadat die Vrystaat verlede jaar die vierde agtereenvolgende keer met die hoogste provinsiale slaagsyfer in die land kon spog.
Nagenoeg een miljoen matriekleerlinge is landwyd vir die 2023-eindeksamen ingeskryf.
’n Totaal van 162 vraestelle moet beantwoord word alvorens die laaste matriekleerling die pen in Desember neersit.
Rosestad 100.6FM se Trustees, bestuur en personeel wens 2023 se graad twaalfs in die Vrystaat alles van die beste met die oorblywende gedeelte van die eindeksamen toe.