Sekere matrieks met chemie as vak, is behoortlik in sak en as, nadat hulle gister ‘n eindeksamen-vraestel moes beantwoord, wat vanuit talle oorde as onbillik bestempel word.

Benewens kommer dat die vraestel te moeilik was, is dit glo ook met foute besaai. Celeste Labuschagne, vakspesialis vir wetenskappe, by die vakbond Solidariteit se Skole-ondersteuningsentrum, sê die ondersteuningsentrum het talle klagtes oor die vraestel ontvang.

Een bekommernis is dat matrikulante wat na keuring vir ‘n spesifieke rigting mik, dalk ‘n chemie-onderskeiding kan mis, en sodoende ook die kans om verder in die rigting van hul keuse te kan studeer.

Terwyl die moontlikheid wél bestaan dat punte opwaarts aangepas kan word tydens die nasienfase, is die kanse hiervoor egter taamlik skraal.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×