Sou ‘n matrikulant daaraan skuldig bevind word dat hy of sy op énige manier by die uitlek van eksamenvraestelle betrokke is, kan die leerling strafregtelik vervolg word.

Die matriekklas van 2023 skuif oor net tien dae agter die skoolbanke in om vanjaar se Nasionale Seniorsertifikaat-eksamen af te lê.

Gegewe die erns van die gevolge, waarsku die Wes-Kaapse David Maynier, LUR vir onderwys, dat die kool beslis nie die sous werd is, wanneer dit by ‘n verneukery gedurende die eksamen kom nie.

Hy sê ‘n kandidaat se uitslae kan nietig verklaar word, en die leerling kan ook verbied word om sekere daaropvolgende eksamenvraestelle te beantwoord.

Daar sal landwyd uiters streng opgetree word teen enige pogings om antwoorde op ‘n oneerlike wyse te bekom.

Geen notas of selfone word binne eksamenlokale toegelaat nie.

Die eksamen begin op 30 Oktober.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×