Die Vrystaat spog vir ‘n vyfde agtereenvolgende jaar met die hoogste matriekslaagsyfer in die land.
Boon-op is dié skitter-syfer van 89,3%, ‘n noemenswaardige verbetering op 2022 se provinsiale slaagsyfer van 88,5%t.
KwaZulu-Natal en Gauteng is onderskeidelik tweede en derde op die lys. Die nasionale slaagsyfer is 82,9%, teenoor 80,1% in 2022.
Elk van die land se nege provinsies het in 2023 ‘n beter slaagsyfer as in die vorige jaar behaal.