Die 18-jarige Siboniso Ngwenya is dood enkele ure nadat sy tydens ‘n matriekkamp naby Boshoek in Mpumalanga deur ‘n swartmamba gepik is. Netwerk 24 berig die slangkenner, Johan Marais, het die slang volgens ‘n video van die departement van onderwys as ‘n swartmamba geidentifiseer. Marais het beklemtoon dat ‘n swartmamba een van die giftigste slange in Afrika is met ‘n senu-gif wat baie vinnig werk. Die slang beinvloed asemhaling en ‘n pasiënt moet so gou moontlik aan ‘n asemhalingsmasjien gekoppel word. Ernstige byte kan daartoe lei dat iemand tussen een en sewe ure sterf, of selfs vinniger as dit ‘n kind is, het Marais gesê. Ngwenya is Maandagaand gedurende ‘n matriekkamp van die Mawewe Secondary School deur die slang gepik. Sy is na die naaste kliniek vervoer maar is onderweg na ‘n hospitaal dood. Jasper Zwane, woordvoerder van die departement, het gesê die slang is opgespoor en van kant gemaak. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×