‘n 18-jarige matriekleerling van Mpumalanga het weens ‘n slangbyt gesterf toe ‘n groep matrieks met eksamenvoorbereiding by ‘n skool in Bosbokrand besig was.
TzaneenVoice berig die skok-voorval het by die Mawewe Secondary School plaasgevind en dat die oorledene se klasmaats berading ontvang.
Mpumalanga se LUR vir onderwys, Bonakele Majuba, sal vandag besoek by die ontslape matrikulant se ouers aflê.
Die matriekeksamen eindig op 5 Desember en die uitslae sal na verwagting op 18 Januarie bekend gemaak word.