Matrikulant uit skool weens klagte van seksuele wangedrag teen haar

 Matrikulant uit skool weens klagte van seksuele wangedrag teen haar

‘n Matrikulant aan die St. Michael’s School for Girls in Bloemfontein het die skool en die koshuis verlaat nadat ‘n klagte van seksuele wangedrag teen haar gemaak is.

Netwerk24 berig die voorval het gebeur toe die leerder nog in graad-11 was.

Volgens berigte het leerlinge Maandag buite die skool geprotesteer omdat hulle nie glo die departement neem die saak ernstig op nie.

Howard Ndaba, woordvoerder van die Vrystaatse onderwysdepartement sê egter die skool en die departement is eers in
middel-Maart van die bewering ingelig waarna die ondersoekproses dadelik begin het.

Hy sê verder die leerling se regsverteenwoordiger het Woensdag met haar dissiplinêre verhoor die ooreenkoms aangebied dat sy die skool en koshuis verlaat.

Dit is so aanvaar.

Ndaba sê ook die aangeleentheid is aan die polisie bekend gemaak, maar Kol. Thabo Covane, polisiewoordvoerder, sê nog geen saak is aanhangig gemaak nie.

LeandreAdmin@