Die Suid-Afrikaanse Depressie- en Angsgroep (SADAG) rapporteer ‘n aansienlike toename in oproepe van matrikulante wat angs ervaar oor die vrystelling van hul Nasionale Senior Sertifikaat (NSS)-eksamenuitslae.

Die uitslae sal more bekend gemaak word. SABC News berig die organisasie sê hy hanteer daagliks sowat 2 000 oproepe, van leerders wat met oorweldigende emosies.

‘n Vrywillige opleidingskoördineerder van SADAG, Lebohang Mokoena, beklemtoon die belangrikheid daarvan dat studente gedurende hierdie tyd hulp soek.

Hy voeg by dat SADAG ondersteuning bied om leerders te help om hul emosies te verwerk. Hulle moedig matrikulante aan om hulp te soek as hulle gedurende hierdie tydperk oorweldig voel.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×