Soos die jaar se matriekeksamens amper tot ‘n einde kom, het die Inligtingsreguleerder die Departement van Basiese Onderwys versoek om in die nabye toekoms ‘n stelsel te implementeer wat sal toelaat dat toestemmig gegee word om matriekuitslae bekend te maak.

SABC News berig die reguleerder het die departement opdrag gegee om nie die uitslae van vanjaar se matrikulante, sonder toestemming van ouers, in koerante te publiseer nie. Dit nadat hulle ‘n assessering gedoen het om te bepaal of die publikasie van matriekuitslae in ooreenstemming is met die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting.

Die inligtingreguleerder se voorsitter, Pansy Tlakula, sê hulle kry geen wet wat hulle verplig om die uitslae te publiseer nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×