Die Raad vir Gehalteversekering in Algemene en Verdere Onderwys en Opleiding, Umalusi, het vanjaar se matrikulante versoek om waaksaam te wees wanneer hulle op WhatsApp-groepe geplaas word om hulle te help met vanjaar se eksamens.  Umalusi sê indien ’n eksamenvraestel op die groep uitgestuur word, sal alle groeplede deur assosiasie geïmpliseer word. Die hoof- uitvoerende beampte van Umalusi, dokter Mafu Rakometsi, sê leerders moet op hul hoede wees en sulke groepe eerder vermy. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×