Die gewilde akteur van die televisiereeks Friends, Matthew Perry, het volgens annonime bronne by sy huis in ‘n borrelbad verdrink. Die tragiese nuus van sy dood is gister bevestig. Die 54-jarige Perry het jare lank gesukkel met sy stryd teen alkohol en ‘n afhanklikheid van skedulemiddels en dwelms. Hy het tussen 1994 en 2004 die rol van die karakter Chandler in Friends gespeel. Perry, wat in Los Angeles gewoon het, het nog Saterdag ‘n laaste inskrywing en foto van hom in die borrelbad op Instagram geplaas en gesê hoe lekker die warm water se gedruis om hom voel.