Die sekretaris-generaal van die ANC het gister erken dat die regerende party blatant in die parlement gelieg het oor oud-president Jacob Zuma se Nkandla-besteding.

Fikile Mbalula, het gesê die ANC het ‘n ad hoc-komitee in die lewe geroep om Zuma gedurende sy ampstermyn te help verdedig.

Destydse bewerings dat Zuma staatsgeld vir opknappings by sy Nkandla-woning gebruik het, is heftig deur die ANC ontken.

Die party het volgehou die R246-miljoen is aangewend vir noodsaaklike sekuriteits-infrastruktuur.

Daar is onder meer voorgehou die swembad is gebou om as reservoir te dien vir branbestryding, aangesien die woning ‘n grasdak het.

Die swembad het belastingbetalers bykans R4 miljoen uit die sak gejaag. Dit is min of meer hoeveel dit sou kos om ‘n 50 meter Olimpiese standaard-swembad te bou.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×