Die sekretaris-generaal van die ANC, Fikile Mbalula, het gesê die party gaan onverpoos veg om die MK-handelsnaam en -logo te behou. Mbalula het tydens ‘n mediakonferensie in Johannesburg, kort nadat die hooggeregshof in Durban ten gunste van oudpres Jacob Zuma se nuwe MK-party beslis het, gesê die ANC gaan teen die uitspraak appelleer.

Die ANC het die MK-party voor die hof gedaag oor die gebruik van die uMkhonto weSizwe-handelnaam en -logo. Netwerk 24 berig Mbalula het gesê dit gaan nie oor politiekery nie maar om die intellektuele eiendom wat aan die ANC behoort, te beskerm.  

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×