Fikile Mbalula, sekretaris-generaal van die ANC, verdedig steeds die party se kaderontplooiingsbeleid, ondanks hoofregter Raymond Zondo se bevinding dat dit “onwettig en ongrondwetlik” is.

Maroela Media berig Mbalula meen die ANC doen bloot wat partye wêreldwyd doen, deur “strategiese mense te ontplooi wat die party se manifes uitvoer”.

Hy het ook aangevoer dat kaderontplooiing niks te doen het met enige “wangedrag” in staatsgeledere nie.

Die ANC appelleer teen ‘n hofuitspraak dat hy alle rekords van die party se kaderontplooiingskomitee aan die DA moet oorhandig.

President Cyril Ramaphosa was tussen 2013 en 2017 voorsitter van die komitee.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×