Fikile Mbalula sê sy bekentenis, dat die ANC laer om oudpresident Jacob Zuma getrek het oor die Nkandla-debakel, moet in konteks gesien word.
Mbalula, sekretaris-generaal van die regerende party, het die naweek erken daar is blatant in die parlement gelieg oor die aanwending van staatsgeld by Zuma se Nkandla-woning in KwaZulu-Natal.
Hy sê egter dit behoort as politieke saamtrekretoriek gesien te word.
Volgens Mbalula het die ANC nooit vir Zuma ingetree, nadat die hof bevind het dat hy staatshulpbronne misbruik het nie.