Beeldmateriaal van die beweerde rassevoorval gedurende die afgelope Saterdag se Rugby Wêreldbeker-halfeindstryd, word wyd op sosialemedia versprei.

‘n Storm woed om Bongi Mbonambi se kop sedert Engeland se flank, Tom Curry, glo die skeidsregter gevra het wat hy moet doen as die Bok-haker, hom in gekruide taal aanspreek en na Curry se velkleur verwys.

Die klank van die beeldmateriaal is volgens Planet Rugby “geskrop” om algemene kommentaar te wis, sodat die klank van die skeidsregter se mikrofoon effens duideliker hoorbaar is.

Die algemene opvatting op sosialemedia, is dat Bongi skynbaar die rugby-term, “wyd-kant” in Afrikaans gebruik het.

Die uitspraak van “wyd-kant” stem foneties ooreen met dit wat die Bok-haker, volgens Curry se bewering gesê het.

Wêreldrugby ondersoek die voorval.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×