McDonald’s in Groenpunt, Kaapstad, het onlangs sy huurkontrak teen R420 000 per maand vir die prima perseel ná ‘n bodoorlog met KFC hernu.

Die gesogte perseel is by die ingang van die DHL-stadion, wat ‘n sitplekkapasiteit van 55 000 het. Die stadion is ook die gasheer vir die opkomende Springbok vs All Blacks rugbywedstryd in September vanjaar. Business Tech berig ‘n ingeligte oor huurpryse in Kaapstad het gese dat dit geen gewone huur nie – maar wel vir die ligging gepas is.

Die bekende goue boog het in 1955 in Illinois die eerste keer oop gemaak vir besigheid. Vandag strek die ketting-eetplek oor 120 lande – met 35 000 restaurante – waarvan 335 in Suid-Afrika is.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×