Die minister van water en sanitasie, Senzo Mchunu, sê dis uiters noodsaaklik dat die nuwe Nasionale Waterhulpbron-infrastruktuur-agentskap, of NWIA, so gou moontlik op die been gebring word. Suid-Afrika het ‘n reuse agterstand met waterhulpbron-infrastruktuur en ander water probleme.

Netwerk 24 berig Mchunu het Vrydag Cosatu se vrese oor nog ‘n agentskap besweer voordat die raad vir provinsies, of die NRP, se gekose komitee oor water en sanitasie, die NWIA-wetsontwerp aanvaar het. Die NWIA sal ‘n enorme agentskap soortgelyk aan Eskom wees om alle waterdienste en waterinfrastruktuurprojekte te finansier, te bedryf en in stand te hou. Sommige opposisiepartye asook die Wes-Kaapse regering het reeds sy kommer oor die nuwe agentskap uitgespreek omdat hulle meen dit sal net soos ander staatsondernemings gepaard gaan met korrupsie, wanadministrasie, politieke inmengery en tenderpreneurs.

 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×