Na hierdie jaar se Olimpiese Spele in Parys, het Joe McGluwa, ‘n DA-LP, gevra wat die koste vir Suid-Afrika was.
Teen die tyd wat die Minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, die uitgawes aan Netwerk24 verduidelik het, is al die kostes nog nie heeltemal finaal nie. Vir McKenzie en ander agt amptenare wat die Spele bygewoon het, was die totale begroting R1.8 miljoen.
Vir die 146 atlete was die begroting net onder R27.9 miljoen, wat slegs die kostes insluit wat verband hou met die atlete en tegniese ondersteuning. Dit beteken dat elke atleet se begroting byna R192 000 beloop het. In ruil vir die besteding het Suid-Afrika een goud-, drie silwer- en twee bronsmedaljes om te wys.