Minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, eis die sluiting van alle snoepwinkels in buitelandse besit asook die deportasie van ongedokumenteerde buitelandse burgers.

IOL berig dit is na die toename van voorvalle waar leerders oorlede is en siek geword het, nadat hulle giftige versnaperinge, wat glo by spaza-winkels gekoop is, geëet het.

McKenzie, die leier van Patriotic Alliance (PA) is bekend vir sy sterk standpunt oor ongedokumenteerde buitelandse burgers en sy eise vir hul deportasie.

Volgens hom kan daar nie meer gedabatteer word nie en hy het gevra of meer kinders eers moet sterf voordat die winkels gesluit word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×