Die minister van sport, kuns en kultuur, Gayton McKenzie, het sy departement se onlangse posadvertensie verdedig wat aan spesifieke rassegroepe voorkeur gee.

TimesLIVE berig die advertensie vir ’n pos in McKenzie se kantoor het aangedui dat voorkeur aan bruin mans, Indiese mans, wit mans, bruin vroue en Indiese vroue gegee sal word.

Sommige vakbonde het geëis dat hy verwyder word, terwyl ander aangevoer het dat aanstellingsbesluite uitsluitlik op kwalifikasies eerder as velkleur gebaseer moet wees.

McKenzie sê bruin mense, blankes en Indiërs behoort ook werksgeleenthede te kry. Hy voel hy kan nie deur vakbonde gedreig word nie.

error: Inhoud is beskerm !!