*** Die Mededingingskommissie sê dit monitor tans die pryse van noodsaaklike voedsel en die faktore wat voedselinflasie dryf. Die Essential Food Pricing Monitoring-verslag het bevind dat verbruikers hoër pryse vir sekere kosse betaal ondanks inflasie wat effe afgekoel het. Die kommissie het opgemerk dat kleinhandelpryse nie die verligting van inflasie van drie maande gelede weerspieël nie. Die verslag het na onlangse produsente- en kleinhandelprysneigings gekyk.