.Die Mededingingskommissie vra vir billikheid rakende die prysbepaling van noodsaaklike voedselitems. Die kommissie het kommer uitgespreek oor kleinhandelaars se hoë voedselpryse, ten spyte van die verbeterde inflasie
vlakke.
Volgens die kommissie is pryse steeds ‘n bekommernis vir baie huishoudings, aangesien pryse nie so vinnig daal as wat dit moet nie. Die kommissie waarsku kleinhandelaars teen moontlike sanksies as die
pryspatrone voortduur.