Daar is berigte van mediese- sowel as voedselprodukte wat op sommige van die strande binne die Tuinroete-distrik aan wal spoel. Volgens die SAMSA-voorvalbestuurspan (IMT) is die produkte heelwaarskynlik as gevolg van skeepsvraghouers wat van skepe tydens rowwe see afgespoel het. In ‘n media verklaring het Andrew Stroebel, die Tuinroete Distriksmunisipaliteit se Burgemeester gesê die redery het reeds ‘n diensverskaffer aangestel om die produkte in te samel en op te ruim. Hy het by gevoeg dat sommige van die produkte moontlike gevaarlike items insluit en dus moet die produkte nie gebruik of geëet word nie maar eeder by die munisipaliteit aangemeld word.