Mediese fondse het die publiek aangeraai om nie paniekerig te raak oor die ondertekening vandag van die Wetsontwerp op Nasionale Gesondheidsversekering nie. Netwerk 24 berig President Cyril Ramaphosa gaan Woensdag om twee-uur die omstrede wetsontwerp tydens ‘n seremonie by die Unie-geboue in Pretoria onderteken.
Dr Katlego Mothudi, besturende direkteur van die Raad van Gesondheidsfinansiers, of BHF, sê dit word dan ‘n wet maar het mediese fonds lede gepaai dat dit baie jare gaan neem voordat die NGV in werking gestel gaan word. Daar heers veral kommer oor wetsartikel, art. 33, wat die finansiering van gesondheidsorg in die privaatsektor soos dit nou daar uitsien deur middel van mediese fondse, heeltemal gaan verander. Die BHF gaan dadelik ‘n hofsaak bring om art. 33 ongrondwetlik en onwettig te verklaar.