Israel het die afgelope 24 uur tientalle lugaanvalle op Hamas-teikens in Gaza uitgevoer.
Volgens die Palestynse gesondheidsowerhede is meer as 110 mense in twee dae dood.
Reuters berig die toename in aanvalle is te midde van hernieude pogings om ‘n skietstaking in die vyftien maandlange oorlog te bereik en Israelse gyselaars vry te laat, voordat die verkose Amerikaanse president, Donald Trump op 20 Januarie ingehuldig word.
Israelse onderhandelaars is in Doha waar bemiddelaars van Egipte en Katar bystand verleen. Hamas sê hy is daartoe verbind om ‘n ooreenkoms te bereik, maar dit is onbekend hoe ver die twee partye nog van mekaar is.