Meer as 107 000 gesondheidswerkers ingeënt, 683 nuwe infeksies en 125 Covid-19 sterftes

Die minister van gesondheid, Zweli Mkhize, sê 107 054 gesondheidswerkers is nou in die land ingeënt teen Covid-19.

Wat Covid-19-infeksies betref, het hy gesê daar was 683 nuwe infeksies, asook 125 nuwe sterftes, wat die land se dodetal sedert Maart verlede jaar tot 50 803 sterftes verhoog het.

Die Noordwes, Vrystaat en Noord-Kaap het die meeste sterftes gehad met onderskeidelik 46, 31 en 18.

In die Wes-Kaap is 10 sterftes aangemeld, Gauteng – 8, KZN – 7 en Mpumalanga – 5.

Meer as 1,4 miljoen mense het van die virus herstel, die herstelkoers is 94,7%.

Intussen het Suid-Afrika reeds 9 miljoen dosisse van die Johnson & Johnson entstof verkry, 20 miljoen dosisse van Pfizer se entstof is ook belowe, saam met ‘n adisionele 12 miljoen dosisse wat van die COVAX-fasiliteit verwag word.

Luister na potgooie hieronder